Ná die dood van Jesus se apostels het party wat gesê het dat hulle Christene is, valse leringe begin versprei
29 Ek weet dat wrede wolwe onder julle sal inkom+ nadat ek weggegaan het en die kudde sal mishandel, 30 en onder julle sal manne opstaan wat die waarheid sal verdraai om die dissipels agter hulle aan weg te trek.+ (Hand. 20:29, 30).
Hierdie afvalliges het die identiteit van die enigste ware God onduidelik begin maak. Byvoorbeeld, hulle het opgehou om God se naam in hulle kopieë van die Bybel te gebruik en het dit vervang met titels soos “Here”. Deur God se naam te verwyder en dit te vervang met “Here”, het hulle dit vir mense wat die Bybel lees, moeilik gemaak om te sien hoe Jehovah anders is as die ander “here” wat in die Bybel genoem word.
5 Want selfs al is daar sogenaamde gode, of dit nou in die hemel of op die aarde is,+ net soos daar baie “gode” en baie “here” is, (1 Kor. 8:5).
Hulle het dieselfde woord, “Here”, vir Jehovah en vir Jesus gebruik, wat dit moeilik maak om te verstaan dat Jehovah en sy Seun verskillende persone met verskillende posisies is.
3 Om die ewige lewe te ontvang,+ moet hulle u leer ken,* die enigste ware God,+ en ook die een wat u gestuur het, Jesus Christus.+(Joh. 17:3).
Hierdie verwarring het bygedra tot die ontstaan van die Drie-eenheidsleer – ’n leerstelling wat glad nie in die Bybel voorkom nie. As gevolg hiervan glo baie mense dat dit onmoontlik is om God te ken. Wat ’n leuen!
27 Want God wil hê dat mense hom moet soek, dat hulle hom ernstig moet soek* en hom werklik vind,+ want hy is eintlik nie ver van elkeen van ons af nie. – Hand. 17:27.